EntertainmentLocal newsNewsNews
KYK: Sello storm na oorwinning in Sasol Marathon
Rebane Sello het vanoggend (25 Maart 2023) die Sasol Marathon in Sasolburg op 'n dramatiese wyse gewen toe hy die krane behoorlik in die laaste 50m van die 42.2km-lange wedloop oopgemaak en Peter Muthubi in sy stof agtergelaat het.
SASOLBURG. – Sello het in ‘n tyd van 02:27:53 gewen met Muthubi wat ‘n sekonde na hom klaargemaak het in 02:27:54.
Lehlohonolo Sethlabe was derde in ‘n tyd van 02:41:01.
Volgens die amptelike uitslae het Alice Jemeli Timbili die vrouewedloop in ‘n tyd van 02:52:48 gewen.
Kataza Shipalana (02:57:06) was tweede en Katy van Meter (03:08:59) derde.
Volgens die amptelike uitslae het altesaam 853 atlete die marathon voltooi, terwyl 654 atlete die halfmarathon voltooi het.
Altesaam 465 het die 10km-wedloop voltooi.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
