MEYERTON. – ‘n Ongeluk op die besige Jim Fouché-pad in Meyerton het Dinsdagoggend spitsverkeer tot stillstand geruk.
Vaalweekblad verneem die bestuurder van ‘n KIA-voertuig het van agter af met ‘n ander voertuig in spitsverkeer gebots.
Die bestuurder en haar kind was op pad na ‘n nabygeleë skool toe die ongeluk omstreeks 07:40 gebeur het.
Sovêr Vaalweekblad kon vasstel is niemand ernstig in die ongeluk beseer nie.
Die ongelukstoneel is betreklik vinnig opgeruim en die pad is weer op vir verkeer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
