DA hou finale verkiesingsveldtogsaamtrek in die Vaal
Laaste kans vir DA om kiesers te oorreed.
VANDERBIJLPARK – Die DA hou Donderdag 22 Oktober sy finale verkiesingsveldtogsaamtrek vir die Vaalstreek in Ratanda in Heidelberg.
Die saamtrek vind om 10:00 by die Ratanda meerdoelige Saal plaas.
Die DA sê hy het reeds ’n sterk teenwoordigheid in die streek deur sy beheer van Midvaal wat volgens die party die bes bestuurde munisipaliteit in Gauteng is. Die party wys ook op sy onlangse oorwinning in ’n township-wyk in Emfuleni wat voorheen deur die ANC beheer is, as bewys van sy groeiende steun.
Die sprekers by die saamtrek sluit in Mokete Motsamai die DA se burgemeesterskandidaat in Lesedi, Kingsol Chabalala, die party se burgemeesterskandidaat in Emfuleni en ’n lid van die Gautengse wetgewer en Peter Teixeira, die DA se burgemeesterskandidaat in Midvaal.
