Local newsNews

Hoekies skitter by hul eerste klubhengelkompetisie

Dit het die naweek gekook langs die Vaaldam met by die 100 hengelaars waarvan 42 juniors was. Die visse het gebyt en die opwinding was groot.

VANDERBIJLPARK – Hoërskool Driehoek se Drie-Angel-Hoek-Klub het die naweek aan die Legends Pro Angling Klub se klubkompetisie deelgeneem. Die groot dag het langs die Vaaldam plaasgevind.

Daar het 42 juniors en 97 hengelaars in totaal deelgeneem. Die Drie-Angel-Hoek Klub het 18 juniors ingeskryf, waarvan vier graad 7-leerders is wat volgende jaar Hoekies gaan word.

Legendss se juniors en HS Overvaal het ook deelgeneem en dan was daar o.a. ook individuele hengelaars van Noordskool, Laerskool Vryheidsmonument, Laerskool DF Malherbe, Hoërskool Dr. Malan en Transvalia.

Riaan Bezuidenhout sê: ““Dit is nie gereeld dat jy kan sê iets het beter uitgedraai as waarvoor jy kon hoop nie, maar vandag was een van daai dae! Baie dankie aan Raymano Venter en Christiaan De Beer van Legends Pro Angling wat die dag so groot sukses gemaak het. Dankie ook aan elke hengelaar en ouer wat die dag ondersteun het.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button