News

Dele van Vereeniging Sondag tot tien uur sonder krag

’n Beplande kragonderbreking sal verskeie woonbuurte, nywerheidsgebiede en hospitale raak terwyl werk aan ’n transformator by die DS-substasie gedoen word.

VEREENIGING – Inwoners en ondernemings in verskeie dele van Vereeniging moet hulle op ’n beplande kragonderbreking op Sondag, 25 Oktober, van 09:00 tot 19:00 voorberei.

Volgens ’n kennisgewing van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit is die onderbreking nodig om toetse uit te voer en ’n kragtransformator van 45 MVA by die DS-substasie in bedryf te stel.

Die volgende gebiede en instellings sal volgens die kennisgewing geraak word:

  • Vereeniging se sentrale sakegebied;
  • Peacehaven;
  • Duncanville Uitbreiding 3;
  • Duncanville se nywerheidsgebied;
  • Arconpark;
  • Unitaspark;
  • Unitaspark Uitbreiding 3;
  • Mediclinic;
  • Kopanong-hospitaal;
  • Redan; en
  • dele van Drie Riviere.

Die munisipaliteit waarsku dat die kragtoevoer voor die einde van die aangekondigde tydperk herstel kan word. Verbruikers moet dus alle elektriese stroombane en toestelle deurgaans as lewendig beskou.

Emfuleni het om verskoning gevra vir die ongerief.

Vir meer inligting kan inwoners die elektrisiteitsbeheerkamer per WhatsApp by 065 871 7483 kontak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button