AdvertisementsLetterLocal elections news

BETAALDE POLITIEKE INHOUD: ‘Elke stem maak ‘n verskil’

Elke stem kan bepaal wie jou munisipaliteit bestuur, en kiesers wat wegbly, laat dié besluit aan ander oor, skryf Phil Pretorius, raadslid vir Wyk 14 van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit en die DA se wykskandidaat vir dié wyk in die komende verkiesing.

Phil Pretorius, raadslid vir Wyk 14 van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit en die DA se wykskandidaat vir dié wyk in die komende verkiesing, skryf:

Die tyd loop uit tot die 2024 Nasionale en Provinsiale verkiesings wat op 29 Mei 2024 sal plaasvind.

Ek vind gereeld dat kiesers steeds nie seker is oor die verskil tussen Nasionaal en Provinsiaal vs. Distrik en Plaaslike (Munisipale) verkiesings nie.

Elk het ʼn vyf jaar termyn wat ongesinchroniseerd verloop.

Derhalwe sal die NASIONALE VERKIESING (NPE – National and Provincial Election) van 2024 weer in 2028 plaasvind, terwyl die PLAASLIKE VERKIESING (LGE – Local Government Election) van 2021 nou weer in 2026 herhaal.

In 2021 het ons dus vir munisipaliteite met raadslede gestem en daar het die DA in Midvaal gewen in 12 wyke en addisionele 7 proporsionele raadslede (PR).

In 2028 stem ons weer in die NPE vir Provinsies (Premier) en Nasionaal (President). Hierdie verkose publieke verteenwoordigers vir die Nasionale- en Provinsiale lyste word onderskeidelik verkies as Lid van die Parlement (LP of “MP” in Engels) en Lid van die Provinsiale regering (LPR of “MPL” in Engels).

Die verteenwoordigers wat in die plaaslike verkiesing (LGE) verkies word is dan raadslede in munisipaliteite waar dan Burgemeesters en MMCs (Member of the Mayoral Committee)/LBK (Lid van die Burgemeesterskomitee).

Jou stem is jou reg en al is ʼn “wegblystem” ʼn vorm van protes, word jou stem tog indirek ʼn voordeel vir ‘n groter party aangesien hulle stemme verhoudingsgewys toeneem.

Daar is talle gevalle waar een of twee stemme die raadslid en dus ook die bestuur van die munisipaliteit bepaal het (verwys die 2021 tussenverkiesing in Wyk3 Tshwane waar die DA met slegs 3 stemme oor die ANC getriomfeer het, die onlangse Mei 2026 wen in Wayk 28, Emfuleni waar die DA met slegs agt (8)stemme gewen het, of Wyk 11 in Midvaal waar die DA in 2021 die wyk met slegs 47 stemme gewen het).

Dit is hoekom regerings se konstitusies voorsiening maak vir die opskiet van ʼn muntstuk of selfs ʼn kaartspel om die finale wenner te bepaal wanneer daar ʼn gelyke uitslag is.

Dit is hoe belangrik ELKE LIEWE STEM is.

Om egter te sê dat dié party jou kwaad maak oor ‘n bossie op jou sypaadjie of dáárdie een omdat ‘n verteenwoordiger iets simpel kwytgeraak het, is uiters kortsigtig.

Dit maak dus sin om eerder vir die party te stem wat jou die meeste aanstaan (niemand is perfek nie) om daardeur te verseker dat jy ʼn invloed het in die bestuur van jou munisipaliteit en/of regering.

Dit is waar die DA jou belange die beste op die hart dra en die afgelope 26 jaar vir jou gewerk het in Midvaal. Hulle het dit reeds bewys.

Die alternatief is dat jy gaan sit met die een wat die swakste is, waarmee jy die minste saamstem, en dan die minste vir jou gaan beteken en omgee.

In 2026 is jou stem nog belangriker.

Noudat die statistieke wys dat min partye met ʼn meerderheid (50% of meer) van die stemme kan wen, sal die munisipaliteite deur koalisies saamgestel moet word.

Met die chaos van koalisies in die onlangse politieke landskap en in die afwesigheid van ‘n koalisie-beleid is dit dus ‘n baie donker vooruitsig vir baie munisipaliteite.

Wanneer ons dan in ag neem hoe plaaslike regerings soos die Stad Kaapstad en Midvaal Munisipaliteit met hulle volstrekte meerderhede (regeer met meer as 50% van die stemme en raadsetels) vergelyk met ander munisipaliteite waar alles in duie stort, maak dit sin dat daar ‘n daadwerklike poging aangewend moet word om die meerderheid in soveel as moontlik munisipaliteite te probeer kry en behou.

In die Wes-Kaap is dieselfde party in Provinsiale regering, Distriksregering, sowel as meeste van die Munisipale rade.

Dit vergemaklik die samewerking tussen provinsie, distrikte en munisipaliteite en verminder die mag spel soos die wat ons tans in Gauteng sien.

Gereeld word opmerkings gemaak dat Midvaal die minste begroting van Sedibeng (ons distrik in Gauteng-Suid wat uit Emfuleni, Midvaal en Lesedi munisipaliteite bestaan) af kry, die meeste onder beurtkrag deurgeloop het, die minste behuising ontvang, die meeste opdraande kry met spesiale projekte, die swakste provinsiale paaie het, die minste provinsiale klinieke het, geen provinsiale hospitale het nie, die meeste geteiken word vir grondgrype en die meeste onnodig ondersoek word vir korrupsie en wanbestuur.

Die hulp vanaf Gauteng en Sedibeng (albei ANC beheer) in die verband is so te sê nul.

Die Wes-Kaapse Provinsiale regering daarenteen het alreeds stappe in plek vir hul eie kragvoorsiening, seewatersuiwering, aanvul van die polisiediens, opgradering van skole en onderwysers, asook nuwe tegnologie soos die nuwe plastiese padoppervlaktes om hulle munisipaliteite te help.

In Gauteng stry hulle steeds oor watter klein partytjie die Burgermeesterpos moet kry wanneer hulle hop van een koalisie na die ander en sodoende dienslewering in die wiele ry.

So sal jy op die 4de November 2026 by die stemstasie drie stembriewe ontvang.

Die eerste een sal vir jou raadslid wees in jou wyk. In Midvaal het ons 15 wyke so 15 raadslede gaan so verkies word. Daar is nie koalisies in die wyke nie so die kandidaat met die meeste stemme wen en die ander kry niks, al wen hy/sy met slegs een stem.

Daar bly dan nog 15 proporsionele raadslid (PR) posisies oor op die raad in Midvaal.

Hierdie word dan persentasiegewys toegeken aan die partye wat PR lyste ingegee het volgens die uitslag van die tweede stembrief.

Dit maak dan die 30 setels in Midvaal op vir die Midvaal plaaslike raad. So jou tweede stembrief is net so belangrik vir die beheer van die munisipaliteit.

Die derde stembrief is vir die distrik, Sedibeng. Hierdie distriksmunisipaliteit het geen diensleweringsmagte nie en is hoofsaaklik administratief maar is op hierdie stadium oorweldig met personeel wat die grootste uitgawe daar is.

Die DA beoog om hierdie distriksmunisipaliteit ook te wen en ‘n drastiese ommekeer hier teweeg te bring. Dit sal die beheer van die hele streek se begrotings en bestuur met rasse skrede verbeter.

Dit is dus van kritieke belang dat ons besef dat die 2026 Plaaslike verkiesing NIE ‘N GRAP IS NIE. Ons kan dus gaan braai, bootry of kuier, maar stem sal ons ook moet stem.

Ons kla en kerm oor die stand van sake in ons land, ons munisipaliteite en ons eie woonbuurte maar is nie bereid om 10 minute in ‘n ry te staan om ons kruisies te trek nie.

Maak dit nou al jou nommer een prioriteit vir die verkiesingsdag en beplan dan alles daarna rondom dit. Want dit is regtig so belangrik.

Verkondig dit ook so aan familie en vriende sodat almal weet hoe jy voel en waar jy staan, en neem hulle almal saam. Want woorde het krag. Jou voorbeeld maak ‘n verskil.

By die onlangse Emfuleni tussenverkiesing in Wyk 16 het minder as 30% van Arconpark se kiesers kom stem en het die DA die wyk met slegs 503 stemme verloor. 

Die ANC het die laaste Nasionale verkiesing met slegs ongeveer 30% van die land se ondersteuning gewen en ongeveer 27 000 000 (27 mil.) mense het nie gestem het nie.

Die MK party is besig om hulle stem drasties te verdeel maar hulle ondersteuning is op hierdie stadium onbekend is dus ‘n groot gevaar.

Koalisies tussen die ANC, EFF, MK party, ActionSA en ander kleiner partye kan die wig swaai en die is dit heel moontlik dat hulle vir groot verrassings kan sorg as die ander partye se kiesers nie opdaag op verkiesingsdag nie.

Betroubare politieke peilings wys egter dat hulle almal onttroon kan word as al die DA se kiesers wat geregistreer is opdaag om te stem op die 4de November 2026. Lees dit weer!

Trotse DA Midvaal groete

Phil

*Hierdie bydrae is deur die Demokratiese Alliansie (DA) betaal. Die menings hierin is dié van die skrywer en weerspieël nie noodwendig die publikasie se standpunt nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button