Photo GalleriesSport

Dokkies deur na halfeind

MEYERTON. – Die eerste rugbyspan van die Hoërskool Dr. Malan het sy plek in die halfeindronde van die Noordvaal/Virsekerbeker bespreek. Die span het Saterdag 10 Junie op sy tuisveld vir Oosterlig oortuigend met 37-11 geklop om tot die halfeindronde van die Valke se liga om die Noordvaal/Virsekerbeker deur te dring. Twee van die Dokkie-uitblinkers in …

MEYERTON. – Die eerste rugbyspan van die Hoërskool Dr. Malan het sy plek in die halfeindronde van die Noordvaal/Virsekerbeker bespreek.
Die span het Saterdag 10 Junie op sy tuisveld vir Oosterlig oortuigend met 37-11 geklop om tot die halfeindronde van die Valke se liga om die Noordvaal/Virsekerbeker deur te dring.
Twee van die Dokkie-uitblinkers in die skittersege wat die agtsteman Izandro Venter en die skrumskakel Brandon Steyn wat ’n puik wedstryd beleef het. Steyn se twee breekslae is met twee drieë beloon, waarvan hy een self afgerond het.
Die halfeindstryd word 24 Junie in Johannesburg by die Hoërskool Hans Moore beslis.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button