Local news

Beseerde SHS-rugbyspeler met helikopter hospitaal toe geneem

Weekliks word jong seuns in rugbywedstryde beseer en flink mediese hulp is altyd van kardinale belang

SASOLBURG. – Brendan Groenewald, ‘n leerling aan die HS Sasolburg, is Saterdagmiddag per helikopter na die Unie hospitaal in Alberton vervoer nadat hy ernstig in ‘n rugbywedstryd teen die HS Brandwag beseer is.

Daar is aanvanklik vermoed dat hy sy nek beseer het, maar dit is intussen bevestig dat hy ernstige harsingskudding opgedoen het. Daar is egter geen komplikasies nie, maar daar bestaan wel kommer oor sy skouer wat erg in die derdespan-kragmeting beseer is. Hy word oornag vir observasie gehou.

Die mediese helikopter maak gereed om op die HS Sasolburg se B-veld te land.
Noodpersoneel en paramedici maak gereed om vir Brendan in die helikopter te laai.
Mediese personeel loop versigtig helikopter toe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button