Local news

Ek sê maar net… Trompie en sy boksombende bly in Vanderbijl

RUBRIEK - Ondeund. Onnutsig, maar baie kreatief. Die drie seuntjies het my dag gemaak. Ons eie Trompie en sy Boksombende.

RUBRIEK – Dit reën. Ek is op pad huis toe. ‘n Vinnige wegbreek van die spertyd wat oor my kop hang.
Met die dat ek in die straat waar ek bly indraai, sien ek hulle.

Die drie seuns. Een loop met ‘n emmer en een sukkel met ‘n sambreel. Teen die tyd wat ek voor die hek stop, staan al drie langs myse Mich. Ek dink dadelik aan Trompie en sy maats.

Die leier se pet sit skeef. Die gesiggie lyk onnutsig. Die ander twee staan effens agter hom. Moet Blikkies en Dawie wees, Rooies was nie by nie. Hulle lig hul hande om te groet. Duidelik het hul iets op die hart.

Ek maak venster oop. “Kan ons tannie se kar was?”, Trompie is aan die woord.

“Ek gaan nou weer ry,” sê ek.

“Kan ons die windscreen was vir R5. Almal van hulle,” vra Dawie en die ander twee knik instemmend

“Dit reën kêrels,” lag ek. “Miskien as die son skyn.”

Die gesiggies lyk afgehaal. “Ons wil net geld maak,” sug Trompie en hulle loop.

Ek klim uit. Hulle het nie ver gevorder nie. “Waarvoor wil jul geld hê?

“Ons ma se verjaarsdag,” antwoord Trompie. Ek wil lag, want hulle lyk glad nie na mekaar nie.

“Wanneer verjaar sy?” Ek hoor iets van die 3de en toe die 23ste April.

Vir ‘n verandering het ek kontant in my beursie. Haal ‘n noot uit. “Hier dis vir die verjaarsdag of gaan koop vir julle sweets.” Die gesiggies straal. “Dankie tannie!” koor hulle.

Watter skool is julle? “Totius”, antwoord Trompie en Blikkies saam. “Kollegepark” sê klein Dawie.

“Albei goeie skole,” sê ek. “Ja, tannie. Dankie tannie.” Daar gaan Vanderbijl se eie boksombende met hul emmer en gekleurde sambreel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button