Local news

70ste Bestaansjaar in styl gevier

Veels geluk aan die Rotary Club van Vanderbijlpark wat hierdie jaar 70 jaar oud is. Die klub het hul verjaarsdag in styl gevier.

VANDERBIJLPARK – Die Rotary Klub van Vanderbijlpark is hierdie jaar 70 jaar oud. Die groot geleentheid is tydens ‘n glans geleentheid by Heron Banks in styl gevier.

Die oorspronklike sertifikaat van die onstaan van die Rotary Klub van Vanderbijlpark. Foto: Rotary Club of Vanderbijlpark/Facebook

Die klub is oorspronklik in Maart 1956 gestig en dien die gemeenskap in en om Vanderbijlpark sedertdien.

Die Rotariërs word gekenmerk deur hul onbaatsugtige gemeenskapsdiens. Die Rotary Klub van Vanderbijlpark het heelwat aktiewe lede en pak gereeld nuwe projekte aan.

Voormalige president Rita Benecke met haar sertifikaat wat sy ontvang het, saam met president Zander Lindvelt

Tydens die gala aand is lang diens toekennings oorhandig aan voormalige president Dr. Dave Gilliland (45 jaar diens), voormalige president Sonja Gilliland (26 jaar diens), voormalige president Petro Bester (20 jaar diens) en voormalige president Celeste Lance (19 jaar diens).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button