Teater glans vir Mnr. en Mej. Skole
Die jaarlikse Mnr. en Mej. Skole het die jaar weer groot belangstelling gelok. Die kroning het vir 'n aand van swier en styl gesorg
SASOLBURG – Die Senior Mnr. en Mej. Skole, aangebied deur Chantenique Modelling School, is Woensdagaand gekroon tydens ʼn spog geleentheid by die Etienne Rousseau Teater.
Dit was die eerste keer wat die gala aand by die teater gehou is en baie mense het opgedaag om hul gunsteling finaliste te ondersteun.

Behalwe vir die groot titels, Mnr. en Mej. Skole was daar ook vele ander titels op die spel. Die Mnr. Skole 2026 is Lex Smal van die Hoërskool Dokter Malan, terwyl Logan Pottas van die Hoërskool Transvalia as Mej. Skole gekroon is.
Die ander wenners was:
Manie v Heerden – Mnr Fotogenies – Gimmies
Tertius Wentzel – Mnr Persoonlikheid – Volkskool
Jayden Booysen – Public Choice – Gimmies
Austin Coetzee – 2 de Prins – Overvaal
Cameron Pieters – Mnr Fun & 1 ste Prins – Dr Malan
Taylor de Wet – 1 ste Prinses – Dr Malan
Zanelle Theron – 2 de Prinses – Dr Malan
Karabello Tsukulu – Public Choice – Anker skool
Louyiso Petela – Mej Persoonlikheid – Riverside
Megan van Wyk – Mej Fotogenies – Transvalia
Sharne Nortje – Mej Fun – Overvaal
