Local news

Voormalige laerskoolhoof sterf op 91

Vaalweekblad het met leedwese verneem van die afsterwe van een van Laerskool Noordhoek se voormalige hoofde. Simpatie aan sy familie.

VANDERBIJLPARK –  Laerskool Noordhoek oud-leerlinge betreur die afsterwe van Mnr Gerrie Oosthuizen. Hy was hoof by die skool vanaf Augustus 1979 – Januarie 1992.

Mnr. Oosthuizen het op sy dag vele veranderinge by die skool aangebring. Nie net het die skool ʼn laboratorium gekry nie, maar hy het ook addisionele klaskamers laat bou.

Sy fokus was veral daarop om ʼn gesonde akademiese standaard te vestig, wat teen 1982 duidelik sigbaar was.

Onder Mnr. Oosthuizen se leiding het verskeie atlete nie net op plaaslike liga-vlak presteer nie, maar ook op provinsiale vlak die Vaaldriehoekspan verteenwoordig. Gedurende sy tydperk as hoof is die korfbalbane ook in netbalbane omskep en is netbal as sport by Noordhoek bekendgestel.

Na sy aftrede in 1992 het Mnr. Oosthuizen betrokke geraak by Lindley boeregemeenskap, alhoewel hy steeds in Vanderbijlpark gewoon het.

Hy  is ter ruste gele op Dinsdag,24 Maart 2026 uit die Nederduiste Hervormde  kerk, Oos-gemeente, nadat sy gesondheid, sedert die begin van die jaar, verswak het.

Mnr Gerrie Oosthuizen word oorleef deur sy vrou, Sannie, ook ‘n oudonderwyser, kinders en gades, kleinkinders en agterkleinkinders.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button