Local news

Gestroopte en gebrande kragbokse het inwoners in die donker

Die kragopwekkers is stiller. Dit is te duur. Die paar huise met sonkrag se buiteligte brand flou. Die inwoners is moedeloos oor die krag.

VANDERBIJLPARK – Alhoewel die Dorp Substasie aangeskakel is en vele areas weer krag het na die groot brand van 22 Februarie, is daar steeds strate sonder elektrisiteit.

Een van die strate is Hadfieldstraat in CW1. Nie Vanderbijlpark se grootste straat nie en vir baie mense seker totaal onbekend.

Dis ʼn straat naby die Hervormde Kerk, Cormed en Herfsoord.

Tans is die straat sonder krag, omdat ʼn kragboks ontplof het, nadat die krag weer af- en aangeskakel is. Sedert 22 Februarie het die inwoners van die straat slegs drie dae krag gehad.

Antwoorde oor presies wanneer die straat weer krag sal hê, is daar nie veel nie. ʼn Bron by ELM se elektriese afdeling het wel gisteraand op ‘n WhatsApp navraag geantwoord.

Volgens hom het hulle ʼn agterstand op hul werk weens al die kabelfoute, kleiner substasies wat gevandaliseer is en kragbokse wat of leeg gesteel is of gebrand het.

Hy reken daar sal“shortly” aan die probleem in Hadfieldstraat gewerk word.

Intussen het ek ook ʼn stemboodskap, wat nou verwyder is, op WhatsApp gehoor waar ʼn Afrikaanse man heerlik lag oor die feit dat die kragboks in Hadfieldstraat ontplof het.

Sy naam was nie by nie, maar ek het sy stem herken en is teleurgesteld dat hy daaroor kon lag. Dit mag dalk vir hom snaaks wees, maar vir die vele weduwees, gesinne met jong kinders en mense op suurstof is dit geen grap nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button