Local news

Groot skoonmaakaksie by begraafplaas beplan

So kan dit nie aangaan nie. Mense kan nie eens hul geliefdes se grafte besoek nie, want alles is oorgroei. Kom maak 'n verskil die Satedag

VANDERBIJLPARK – AfriForum Vanderbijlpark saam met AfriForum Jeug en die VF+ gaan Saterdag, 11 April ʼn poging aanwend om die begraafplaas skoon te maak.

Veral die ouer gedeelte is oorgroei deur bossies en gras. Dit lyk nie net sleg nie, maar maak ʼn besoek aan die begraafplaas nog onveiliger as wat dit reeds is.

Beide organisasies het ʼn beroep op besighede en individue gedoen om Saterdag te kom help. Bring jou eie bossiekappers (weed eaters), harke, swart sakke, handskoene en hoed en kom maak ʼn verskil.

Nie self lus om te werk nie? Bring yskoue water, koeldrank of iets te ete vir die wat in die son doenig gaan wees.

Belangrikste is om op te daag. Help nie net ons kla oor hoe ʼn plek lyk nie. Na meer as 30 jaar behoort ons te weet dat die munisipaliteit dit nie gaan doen nie.

Saamstaan. Saam doen. Dit is wat die verskil gaan maak. Saterdag kan jy deel van die oplossing word. Al is dit net vir 15 min.

Tyd: 08:00 – 14:00.

Vir meer inligting kontak Cobus Cato by 072 910 9999. Rudi de Beer by 083 304 1016, Sonica Dry by 061 3578549 of Jan Labuschagne by 082 883 1789

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button