Local news

Spesiale aand vir onse Franz

Vanaand is daar 'n spesiale koor en sangfees ten bate van Franz Geldenhuys by NG Driehoek gemeente. Lees meer...

VANDERBIJLPARK – Sanger, koorafrigter en orrel maestro Franz Geldenhuys se vriende hou vanaand (10 April) vir hom ʼn spesiale fondsinsameling by die NG Kerk Driehoek.

 Franz is tans onder intense chemoterapie vir vlak 4 limfklierkanker. Die fondse van die kaartjieverkope gaan help om van sy ekstra mediese onkostes te dek.

Vanaand hou hul ʼn musiekaand waar van die Vaaldriehoek se beste kore en soliste gaan optree.

Die plakkaat met al die inligting rondom vanaand se musiekaand/koorfees. Foto verskaf/Christo Erasmus

Die kore sluit in Sonus, NG Suid Kerkkoor, Varianté Sanggroep en die Sasolburg Sanggroep.

Franz gaan ʼn duet sing saam met Marie Preston en ʼn klavier en orrel duet doen saam met Christo Erasmus. Dan gaan hy ook die begeleiding doen vir solis, Rika Dippenaar.

Dit alles ten spyte van die feit dat hy slegs ʼn paar dae gelede chemoterapie ontvang het.

 Die aand word afgesluit met die Onse Vader wat deur al die kore saam opgevoer gaan word.

Kaartjies beloop R100 per persoon en sal by die deure beskikbaar wees vanaf 18:00. Die verrigtinge begin om 19:00.  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button