NewsNews

Nuwe tuiste vir Wheels at the Vaal

VANDERBIJLPARK. – Wheels at the Vaal, die gewilde jaarlikse massa-uitstalling van klassieke en veteraanmotors, stoomenjins en ander interessante toebehore, wat die afgelope jare by die NWU (Vaal) aangebied is, trek vanjaar ‘n splinternuwe baadjie aan. Die uitstalling word vanjaar vir die eerste keer by die Sylviavale Heritage Museum in Vanderbijlpark aangebied. Die geleentheid sal oor …

VANDERBIJLPARK. – Wheels at the Vaal, die gewilde jaarlikse massa-uitstalling van klassieke en veteraanmotors, stoomenjins en ander interessante toebehore, wat die afgelope jare by die NWU (Vaal) aangebied is, trek vanjaar ‘n splinternuwe baadjie aan.

Die uitstalling word vanjaar vir die eerste keer by die Sylviavale Heritage Museum in Vanderbijlpark aangebied. Die geleentheid sal oor drie dae (van 4 tot 6 September) aangebied word en gaan ‘n vol program met kunstenaars insluit. Soos gewoonlik sal gemeenskapsorganisasies, stalletjiehouers en Rotariërs ‘n verskeidenheid van hoëgehalte kos, verversings en drank beskikbaar stel, terwyl ander stalletjies handelsgoedere, tuisgemaakte artikels, oudhede, versamelaarsitems en skaars motoronderdele en –toebehore gaan bemark.

Vanjaar word ‘n goed versorgde 1976 Chev Nomad uitgeloot met ‘n trekking by die fees op Sondag 6 September. Enigiemand wat ‘n stalletjie wil bespreek of by voorbaat kaartjies vir die Nomad wil koop, kan Siggi Duvel by 082 492 5214 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button