News

Ouma Sannie (91) verlore sonder haar bril!

Moet twee jaar wag vir 'n nuwe

 

Die lewenslustige mev. Sannie Bezuidenhout (91) het haar bril verloor en nou is sy self ook verlore! Sy moet twee jaar wag vir ‘n ander een en het nie die geld om intussen ‘n nuwe aan te skaf nie. ‘n Plaaslike oogarts het aangebied om ‘n bril teen kosprys vir haar te maak, maar dit gaan steeds R2000 kos – geld wat sy nie het nie!
As daar dalk mense is wat bereid is om ‘n donasie te maak sodat sy weer ‘n bril kan kry, is hulle welkom om Santa by 072 536 5894 te skakel.
* Vaalweekblad het verlede jaar oor die uitsonderlike tannie Sannie berig, wat nog self haar huishouding behartig, haar eie verfwerk doen, skilder, stap en betrokke is in die gemeenskap. Sy is onder andere in Februarie vanjaar by die Hoërskool Driehoek se massarit opgemerk toe bikers haar op een van hulle se motorfiets laat sit het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button