NewsNews

SA groet geliefde “Big Daddy”

Dit is met groot hartseer dat ons Suid-Afrikaanse musiekgeesdriftiges meedeel van die afsterwe van die immergewilde "Big Daddy" en country legende Lance James. Hy is vandag rustig oorlede met sy geliefde  familie langs sy bed.

Lance James is ‘n paar weke gelede in die hospitaal opgeneem met hartprobleme. Sy gesondheid het ‘n verdere knou gekry toe hy in die hospitaal geval en sy heup gebreek het en ‘n noodoperasie moes ondergaan. Daarna het sy toestand vir die daaropvolgende agt weke aanhou verswak.

Volgens sy jarelange agent, Lydia Winchester, wil sy familie die publiek en sy getroue aanhangers bedank vir hul ondersteuning tydens sy loopbaan, asook nou voor sy afsterwe.

“Lance sal bly voorleef in ons harte danksy sy unieke persoonlikheid en lang loopbaan gevul met vele treffers,” sê Lydia. “Ons vra die publiek om sy familie tyd te gun om te rou”.

Hy laat sy lewensmaat, Eunice, sy dogters Dionne en Chanelle, sy skoonseun Benji, asook ‘n kleindogter en twee kleinseuns agter. – Vaalweekblad se innige simpatie aan sy geliefdes en aanhangers.

Wyle Lance James – “Big Daddy” van SA country.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button