Local newsNewsNews

Video: Vaal se onnies is ‘super heroes’

VANDERBIJLPARK. - Bykans al die Vaaldriehoekse skole (hoër en laer) het gewys dat hulle omgee en op die een of ander wyse uitgereik na die skoolkinders tydens die inperking om hulle te help met skoolwerk, of sommer net om te wys hulle gee om.

https://youtu.be/xjGKaHCTFG0

Dit is dan ook wat die onnies van Vaal Traingle Primary School in Vanderbijlpark gedoen het. Die skool se onderwysers het besluit om so elke nou en dan sommer net ‘n oulike boodskap aan die skoolkinders te stuur. Hulle het selfs ‘n oulike video gemaak – sien bo.

“Die idee was om te wys ons is ook besig tydens die inperking en dat ons aan ons skoolkinders dink,” verduidelik Hannelie Beetge, een van die onderwysers by die skool.

Hulle het reeds twee oulike boodskappe aan die kinders gestuur. Die een het ‘n “super hero” tema gehad, want juffrouens is mos maar eintlik “super heroes” of hoe?

  • Vaal Triangle Primary School se juffies was deur die Laerskool Unitaspark uitgedaag om oulike boodskappe aan die kinders te stuur, en nou daag  Vaal Triangle Primary ander skole uit om dieselfde te doen.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button