NewsBreaking News

Hoof met boodskappe, blomme, prentjies en rugbytruie gegroet

Leerlinge van Laerskool Republiek in Rothdene het hul skoolhoof die afgelope week gegroet deur boodskappe, prentjies en rugbytruie aan die laerskool se heining te heg en blommekranse neer te lê. Mnr. Muller is verlede week in die ouderdom van 60 oorlede. Hy is voorverlede week in die intensiewe sorgeenheid van die Emfuleni MediClinic in Vanderbijlpark opgeneem …

Leerlinge van Laerskool Republiek in Rothdene het hul skoolhoof die afgelope week gegroet deur boodskappe, prentjies en rugbytruie aan die laerskool se heining te heg en blommekranse neer te lê.

Mnr. Muller is verlede week in die ouderdom van 60 oorlede. Hy is voorverlede week in die intensiewe sorgeenheid van die Emfuleni MediClinic in Vanderbijlpark opgeneem nadat hy ’n beroerte gehad het en het Maandagmiddag, 20 April die stryd verloor.

Muller, sal deur die gemeenskap onthou word as ’n passievolle onderwyser wat diep spore in skoolkinders, hul ouers en onderwysers se lewens gelaat het.

Hy was sedert 2008 die hoof van die skool.

’n Gedenkdiens vir mnr. Muller is vroeër vandag in Vanderbijlpark gehou.

Weens die nasionale staat van inperking kon slegs ’n handjievol mense die diens fisies bywoon.

Mnr. Muller laat sy vrou Irene, dogter Carla, Ma Tillia Muller, broer Cois, Leon, DP en hulle gades agter.

 

Sien video hier:

https://youtu.be/bXxAQJXl7Jo

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button