NewsNews

Jeugland is nou behoorlik ontsmet

VANDERBIJLPARK. – Jeugland Tehuis vir Bejaardes was Saterdagoggend, 18 April in rep en roer toe ‘n span van die Scientology Volunteer Ministers die gebou kom ontsmet het.

In helder geel getooi en gewapen met hul maskers en spuitkannetjies moes dit nogal ‘n vreemde gesig vir die inwoners gewees het. Gelukkig was daar niks te vrees nie, die span is opgelei om ‘n veilige omgewing te skep.

Lees ook Dick Fouriestadion is nie ‘n vullis “dump” nie

Elkeen van die vrywilligers is gekwalifiseerd om in enige ramp situasie te kan uithelp.Adnaan, die span se woorvoerder, het gesê dat hulle al verskeie munisipale geboue, brandweergeboue, klinieke, tehuise vir bejaardes, biblioteke en skuilings vir haweloses in die Sedibeng area ontsmet het. Die span deel ook inligtingspamflette uit oor hoe jy jouself en ander gesond kan hou en leer mense meer oor higiëne en hoe om seker te maak ‘n ontsmette plek bly kiem en virus vry. Gratis inligting oor higiëne opvoeding is ook op hul webtuiste Scientology.org/staywell beskikbaar.

Lees ook Iewers is daar vrede…

Volgens Ndakayi is die Volunteer Ministers deel van die grootste nie-regering ramp reaksie span in die wêreld en het hulle al bystand verleen in rampe soos 9/11, die Tsunami in Japan en die vloede in Mosambiek. Elke spanlid is gekwalifiseerd om in bykans enige ramp te kan uithelp.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button