NewsNews

VF Plus bekommerd oor toename in plaasaanvalle  

Die VF Plus is bekommerd oor plaasaanvalle en -moorde gedurende die inperkingstydperk nadat mev. Joekie Nortjé (82) en haar seun Johan (62) onlangs deur vier verdagtes op hul plaas Nooitgedacht buite Louis Trichardt in Limpopo   oorval is. Dit is die tweede aanval op die bejaarde Joekie en haar seun in minder as ‘n jaar.

“Hierdie aanval is ‘n duidelike bewys, veral gedurende die Covid-19- inperkingstydperk, dat die polisie nie hul pligte sonder die bystand van plaas- en buurtwagte en gemeenskapspolisiëringsforums na behore kan nakom nie,” sê Marcelle Maritz, VF Plus-LPW en provinsiale leier: Limpopo.

Die VF Plus het dit verlede week tydens ‘n vergadering met die premier van Limpopo, Stanley Mathabatha, duidelik gemaak dat hierdie veiligheidstelsels weer in plek gestel moet word om die gemeenskap te beveilig en hulle te hulp te snel indien nodig.

“Die boeregemeenskap is in die inperkingsperiode in ‘n kwesbare posisie en die VF Plus se leier, dr. Pieter Groenewald, het reeds herhaaldelik versoek dat die nasionale regering en minister van polisie, Bheki Cele, private sekuriteitstrukture weer in werking stel,” beklemtoon Martiz.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button