Local newsNewsNews

15 Mei: Sedibeng het 31 amptelike Covid-19 gevalle

Sedibeng het volgens die nuutste beskikbare getalle nou 31 geregistreerde Covid-19 gevalle, waarvan 10 pasiënte reeds van die virus herstel het. Dus is daar in totaal steeds 21 aktiewe gevalle.

Die gevalle in Sedibeng is: Emfuleni 19, Midvaal 7 en Lesedi (wat die Heidelberg-omgewing is) het 4. Daar is ook een geval wat nie aan ‘n spesifieke gebied binne die streek toegereken is nie. Daar is nie bekend gemaak uit watter spesifieke dorpe die pasiënte is nie.

Daar is in totaal  reeds 2 135 Covid-19 gevalle in Gauteng geregistreer, waarvan 1 552 herstel het en 24 gesterf het. Daar is dus nog 583 aktiewe gevalle.

Die streke in Gauteng sien so daaruit:

Johannesburg – 1 153 (950 herstel) = 203 aktiewe gevalle

Ekurhuleni – 460 (365 herstel) = 95 aktiewe gevalle

Tshwane – 310 (188 herstel) = 122 aktiewe gevalle

Wes Rand – 67 (39 herstel) = 28 aktiewe gevalle

Sedibeng – 31 (10 herstel) = 21 aktiewe gevalle

Nie toegeken aan spesifieke streek – 114

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button