NewsNews

Covid-19 statistiek: Gevalle in Indië word ook vinnig meer

Die wêreldwye Covid-19 gevalle staan reeds op 5 807 485 (gister was dit 5 716 629). Tot dusver het die virus reeds 357 807 lewens geëis. Daar het tot dusver 2 510 676 pasiënte regoor die wêreld herstel. Hierdie getalle kan deur die loop van die dag verander wanneer al die lande hul nuutste statistieke aan die World Health Organization deurgee.

Daar is tans 213 lande wat gebuk gaan onder die virus. Die 10 lande wat die hoogste aantal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (SA is tans 30ste op die lys met 25 937 gevalle)

  • Die VSA het die meeste lyers – 1 745 911 (vorige aantal 1 728 899) en 102 114 sterftes (vorige aantal was 100 674). ‘n Totaal van 490 151 het tot dusver van die virus herstel.
  • Brasilië – 414 661 gevalle (vorige aantal 394 507) en 25 697 sterftes.
  • Rusland – 379 051 gevalle (vorige aantal 370 680) en 4 142 sterftes.
  • Spanje – 283 849 gevalle (vorige aantal was 283 339) en 27 118 sterftes.
  • Die Verenigde Koninkryk – 267 240 gevalle (vorige aantal 265 227) en het die tweede hoogste sterftesyfer van 37 460.
  • Italië – 231 139 gevalle (vorige aantal 230 555) en die derde hoogste sterftesyfer van 33 072.
  • Frankryk – 182 913 gevalle (vorige aantal 182 722) en 28 596 sterftes.
  • Duitsland – 181 895 gevalle (vorige aantal 181 502) en 8 533 sterftes.
  • Turkye – 159 797 gevalle (vorige aantal 158 762) en 4 431 sterftes.
  • Indië – 158 897 gevalle (vorige aantal 153 304) en 4 540 sterftes.
  • (China waar die oorsprong van Covid-19 was het tans 82 995 gevalle (vorige aantal 82 993) en vir ‘n geruime tyd staan hul sterftesyfer op 4 634. Daar is glo nog net 73 aktiewe gevalle in die land).
  • (Inligting bron: Covid Information Center)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button