HealthNationalNewsBreaking News

Rokers, nou gaan die Staat jul dampies nog verder inperk

Nuwe wet kom om rook in openbare plekke 100% te verbied

 

Die adjunk-minister van Gesondheid, Joe Phaahla, het vandag (31 Mei 2020) onthul dat die regering besig is met die finalisering van omstrede wetgewing wat die rook van tabakprodukte in openbare plekke heeltemal sal verbied. Die Gesondheidsdepartement wil die verbod van slegs 25% tabakgebruik in openbare plekke, verhoog na 100%.

Phaahla het vandag (wêreldwye “Geen Tabakdag”) tydens ‘n virtuele vergadering van die Gesondheidsdepartement gesê daar gaan veral gepoog word om jongmense teen die “manipulasie van die (tabak)industrie te beskerm”.

Hy sê die verbod op die verkoop van tabakprodukte gedurende die inperking is beslis die regte roete om te volg om tabakverwante siektes te voorkom. Volgens Phaahla het die regering se sterk weerstand teen tabakprodukte tussen 1994 en 2012 reeds tot ‘n dramatiese afname in longkanker gelei. Hy sê danksy strenger wetgewing het sterftes weens tabakverbruik in die afgelope jare van 40 000 tot 20 000 gedaal.

Phaahla sê voorts die nuwe tabakwetgewing sal nie net tot sigarette beperk wees nie. Dit sal ook op elektroniese sigarette en verwante produkte van toepassing wees sodat dit beter gereguleer en gekontroleer kan word.
“Ons finaliseer nou die ‘Tobacco Control Bill’ om die publiek teen die skadelike effek van rokers se tabakgebruik in die openbaar te beskerm,” het hy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button