HealthLocal newsNationalNews

Ocumed is positief oor die toekoms

Ondanks die Covid-inperking en die verwoestende effek op die Vaaldriehoek se sosiale omstandighede en ekonomie, glo Dr. A. de Lange en sy vennote van Ocumed dat die toekoms in die Vaal blink gaan wees as almal net positief bly en hard werk.

 

VANDERBIJLPARK. – Die Covid-19 pandemie het die hele wêreld in ‘n wurggreep. Veral in Suid Afrika is daar baie besighede wat hulle deure moes toemaak as gevolg van die impak van die nasionale inperking. Dr. Johan A. de Lange en die Ocumed-span is egter steeds positief oor die toekoms.
Ocumed Oog- en Laserinstituut het onlangs nóg ‘n kundige by hul ekspert-span verwelkom.
Dr. Corné Gouws het vanaf 1 Junie by Ocumed aangesluit. Sy passie om die lewensgehalte van sy pasiënte te verbeter, het gelei tot ‘n baie gesogte toekenning van die Vrystaatse regering in 2016. Hy streef altyd na chirurgiese uitnemendheid in retinale, katarak-, refraktiewe en okuloplastiese chirurgie en het ‘n spesiale belangstelling in pediatriese katarakchirurgie.
Dr. Johan A. de Lange, grondlegger van Ocumed, is al vir jare ‘n leiersfiguur in die oftalmologiese professie met ‘n spesiale belangstelling in korneale, katarak- en refraktiewe chirurgie. Hy word hoog aangeslaan in die buiteland en word dikwels genooi om lesings op internasionale kongresse aan te bied.
Dr. Johan T. de Lange het ‘n spesiale belangstelling ontwikkel in korneale, refraktiewe en katarakchirurgie, sowel as retinale chirurgie. Sowel dr. Johan T. de Lange as dr. Gouws het verdere opleiding aan die Europese VitreoRetinal Training-skool in Bremen, Duitsland voltooi, wat hulle op die voorpunt van retinale chirurgie plaas. Daar kan dus met reg gesê word dat Ocumed oor ‘n wêreldklasspan met uiteenlopende belangstellings en vaardighede beskik.
Vir mense wat bekommerd is om tydens die inperking dokters te besoek uit vrees dat hulle dalk Covid-19 kan opdoen, het Ocumed se span spesialiste goeie nuus. Hulle wil almal gerusstel en verseker dat hulle streng higiëne en ontsmettingsmaatreëls in plek het om te voorkom dat mense mekaar aansteek. Ocumed kan dus met ‘n geruste hart besoek word.
Nie net het ‘n nuwe dokter by die Ocumed-span aangesluit nie, maar dr. Johan A. de Lange is ook besig met die ontwikkeling van ‘n nuwe kantoorblok op die perseel langs Ocumed.
“Ek is baie opgewonde oor hierdie ontwikkeling en hoop dat ek hiermee ‘n positiewe bydrae tot die Vaaldriehoek se sakesektor kan maak,” sê hy.
Danksy die ontwikkeling sal bekostigbare kantore van hoogstaande gehalte in ‘n professionele besigheidsomgewing beskikbaar gestel kan word. Die sekuriteit van die kantore sal hoogstaande wees en daar sal ook voorsiening gemaak word vir gestremdes in terme van gerieflike toegang tot die gebou, asook ‘n hysbak.
“‘n Mens se produktiwiteit is gekoppel aan sy werksomgewing. Deur ‘n professionele werksomgewing te skep, kan besighede hul produktiwiteit verhoog, wat sal bydra tot die herstel van die ekonomie. Ek hoop dat hierdie ontwikkeling ook ander moontlike beleggers sal aanmoedig om toekomstige ontwikkeling in die Vaaldriehoek te doen,” sê hy.
Ocumed doen reeds ‘n geruime tyd opheffing en infrastruktuurverbetering in die omgewing waarbinne hulle werk. Die maatskaplike gesondheid van die gebied lê dr. De Lange na aan die hart en hy wil ook graag sien dat die Vaaldriehoekse ekonomie weer floreer.
“Werksgeleenthede opsigself gaan nie die ekonomie laat herstel nie. Slegs as mense regtig wérk, gaan dinge gedoen kom en gaan die ekonomie weer groei. Aan al die stakers, hou asseblief op staak en begin werk. Moenie dinge afbreek nie – bou liewer op. Elke keer wat iets gebreek word, kos dit geld om dit te herstel. Daardie geld kon eerder gebruik word om ‘n werker vir sy werk te betaal,” is dr. De Lange se standpunt.

 

 

 

 

 

First published: Ster – 7 July 2020

Uploaded by Retha Fitchat

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button