Die VF Plus het vandag in ‘n media verklaring gesê dat die party die inhegtenisneming verwelkom van sewe verdagtes vir die aanval op André Marais op sy plaas buite Potchefstroom vroeër die week.
“Ons bedank bedank die lede van die verskillende polisie-eenhede wat onverpoos saamgewerk het om die aanvallers vas te trek. Hierdie samewerking tussen die polisiekantoor op Khutsong, die trio-taakspan, dwelm-eenheid en die plaaslike speurdiens, wys weer hoe suksesvol behoorlik gekoördineerde polisie-optrede is. Die rol van gemeenskapslede wat die aanvanklike leidrade aan die polisie verskaf het, is ook van onskatbare waarde,” lui die verklaring.
Hierdie soort optrede behoort die grondslag te vorm vir die polisie se landelike veiligheidsplan. Die VF Plus het verder ‘n beroep gedoen op die polisie om ook die spesialis-eenhede verder uit te bou en te versterk om te voorkom dat landelike gebiede in misdadigheid verval.
