MKD Studio loods ‘n meer bekostigbare produkreeks
Alle argitekte, bouers en binneversierders word uitgenooi om die vertoonlokaal te besoek om moderne marktendense en die nuwe produktreeks te sien wat MKD hul kliënte kan bied. Die algemene publiek is net so welkom.
VANDERBIJLPARK. – Sedert sy begindae 13 jaar gelede, het Magnificent Kitchen Designs (MKD Studio) ‘n naam opgebou as ‘n hoogs gerespekteerde ontwerpspesialis in ‘n eksklusiewe mark – nie net in die Vaaldriehoek nie, maar ook in baie ander streke van Suid-Afrika.
MKD, met sy Vaaldriehoekse vertoonlokaal in die Colosseum-sentrum in Chopinstraat, Vanderbijlpark, stel nou ook ‘n nuwe, meer bekostigbare reeks bekend om hul dienste uit te brei na intreevlakkliënte en die mediummark.
Dit word Saterdag 30 Januarie tot 14H00 ten toon gestel tydens ‘n spesiale promosie in die vertoonlokaal. Alle argitekte, bouers en binneversierders word uitgenooi om die vertoonlokaal te besoek om moderne marktendense en die nuwe produktreeks te sien wat MKD hul kliënte kan bied. Die algemene publiek is net so welkom.
MKD se direkteur, Pieter Erasmus, ‘n opgeleide meganiese ingenieur, het van kleins af ‘n talent vir houtwerk en kreatiewe ontwerpe gehad. Hy het sowat 40 jaar gelede kabinette en kaste as ‘n stokperdjie begin bou, en dit sedertdien tot ‘n vooruitstrewende onderneming ontwikkel. Met die ondersteuning van sy vrou Annette en seun JP, wat bestuurder van die Vanderbijlparktak is, geniet Pieter elke aspek van die besigheid.
“’n Groot deel van ons diens is die beplanning van ‘n kombuis wat spesiaal ontwerp word met die hulp van ons uiters kreatiewe grafiese ontwerpspan,” sê Pieter. Ontwerpe kan alles insluit van ‘n tradisionele kombuis, tot hipermodern, uniek en eksoties, afhangende van ‘n kliënt se styl.
Buiten hul gedeelde geesdrif vir huisverbetering en -verfraaiing is Pieter en Annette albei pastore met ‘n passie om God se Woord te bedien. “Alles wat ons doen, doen ons tot eer van die Here. Ons streef daarna om dit in ons werk te laat weerspieël,” sê hy. Met hierdie positiewe houding, tesame met meer as 30 jaar ondervinding en MKD se 100% naverkope-diensrekord, kan voornemende kliënte gerus wees dat hulle in goeie hande is.
Hulle werk ook saam met vertroude maatskappye soos Cinema Architects, Lifestyle Ceramics, Decor Home Design, Building Projects, en talentvolle interieurontwerpers en -argitekte om ‘n platform van professionele persone te skep en sodoende die hoogste gehalte werk te verseker.
MKD se dienste is nie beperk tot die ontwerp of opknapping van kombuise nie. Hulle kan ook badkamers, slaapkamers, tuiskantore en enige ander kamer wat opgeknap moet word, pragtig omtower. Stylvolle ingeboude kaste kan ook ingesit word.
“Elke persoon se styl en verwagtinge verskil. Ons beplan alles deeglik saam met elke kliënt en sorg dat ons uiteindelik ‘n 100% perfekte produk lewer,” sê Pieter.
Vir ‘n afspraak om MKD se ontwerpspan te ontmoet vir ‘n individuele konsultasie, stuur ‘n e-pos na info@mkd-sa.co.za of skakel of WhatsApp 083 730 1351. Covid-19-reëls word streng nagekom, maar as jy liewer ‘n virtuele toer verkies, besoek: https://www.magnificentkitchendesigns.com waar jy ‘n aanlynvergadering kan bespreek.
Kontakbesonderhede:
Kantoor: (016) 065 0118.
Sel: 083 730 1351.
E-pos: info@mkd-sa.co.za
Web: www.mkdstudio.co.za
Hoofkantoor: H/v Delius- & Chopinstraat, Colosseum Centre, Vanderbijlpark.


**********************************************************************
