BusinessHealthNewsSponsored

Biokinetikus Magdel Massyn leer jou “lewe deur beweging”

"Navorsing deur die University of Cape Town het bewys dat oefening presies dieselfde positiewe effek het op 74-jariges as op 24-jariges."

Leer saam met Magdel ‘lewe deur beweging’  

VEREENIGING. – Die woord biokinetika is afgelei van die Griekse woorde bios (lewe) en kineses (beweging) en beteken dus “Lewe deur Beweging”.

In 2010 het die wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) amptelik verklaar: “Exercise is Medicine”.

Magdel Massyn (Pieterse) is ‘n biokinetikus wat haar praktyk in Virgin Active in Drie Riviere bedryf. Haar kliënte en pasiënte hoef nie ‘n lid van die gimnasium te wees om toegang tot haar praktyk te kry nie. Magdel het die voorreg gehad om onder die “Vader van Biokinetika”, prof. G.L. (Gert) Strydom, te studeer.

In 1986 het sy begin klas gee by die Johannesburg Universiteit vir Tegnologie. In 1993 het sy haar privaatpraktyk in Drie Riviere geopen – die oudste privaatpraktyk van sy soort in Suid-Afrika. In 1996 is Magdel se toewyding met ‘n eretoekenning van BASA in Stellenbosch vereer.

“Mens is nooit te oud om te begin oefen nie,” sê Magdel. “Navorsing deur die University of Cape Town het bewys dat oefening presies dieselfde positiewe effek het op 74-jariges as op 24-jariges.”

Sy wys daarop dat die voordele van oefening die volgende insluit: Afname in o.a. hoë bloeddruk; hoë cholesterol; hoë bloedglukose by diabete en vetmassa.

Toename in o.a. beendigtheid; spierdigtheid; hart- en longkapasiteit; spierkrag en –uithouvermoë asook energievlakke.

Wetenskaplikgefundeerde oefenprogramme word voorgeskryf vir o.a. lae rugpyn; sciatica verwysde pyn; ortopediese pre- en postoperatiewe behandeling; sportbeserings, sportspesifieke prestasies sowel as algemene fiksheid.

‘n Volledige ergologiese evaluering van die spesifieke probleem word eers gedoen voordat die program voorgeskryf word.

Een-tot-een sessies word dan vir ses weke gedoen waarna ‘n her-evaluering gedoen word om die vordering op die program te bepaal en aanpassings te maak.

By mediese fondse sorteer biokinetika in dieselfde katagorie as fisioterapie en podiatrie en word dus deur die meeste mediese fondse gedek. Kontak die praktyk by 082 579 0533 vir ‘n afspraak of meer besonderhede.  

 

Foto 1: Magdel Massyn (Pieterse)

Foto 2: Magdel saam met die “Vader van Biokinetika”, prof. G.L. (Gert) Strydom.

 

************************************************************************************************

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button