Dié ongewone toegespinde sakkie hang sowat 1 meter van die grond af aan ‘n dwerg-denneboom in ‘n tuin in Vanderbijlpark.
Dit is omtrent so groot soos ‘n vrou se vuis. ‘n Mens sien net blare en takkies binne-in, maar geen spinnekop of insek nie.
Weet iemand dalk of dit ‘n spinnekop se eiersak is, of dalk ‘n kokon van ‘n ander soort insek?
As hier insekkenners is wat weet, stuur asseblief vir ons die inligting na 083 246 0523, of los asseblief kommentaar onder hierdie Facebook-plasing.
Deel dit asseblief wyd na jul vriende – Vaalweekblad sal baie graag die regte antwoord wil kry!
Die foto heel onder wys hoe hoog die sakkie (met rooi omkring) van die grond af hang – (plus-minus een meter van die grond af).



***************************************************************************************************************
