News

Een sterf, vier beseer toe motor onderstebo op palisade beland

Die polisie en plaaslike verkeersowerhede was op die toneel om die oorsaak van die ongeluk te ondersoek.

 

‘n Man het gesterf en vier ander het beserings opgedoen toe die luukse BMW waarin hulle gery het, Saterdagaand die pad verlaat, omgeslaan en onderstebo op ‘n palisadeheining beland het.

Die ongeluk het op die Barrage-pad naby Rand Water se kantore in Vereeniging gebeur.

Volgens Werner Vermaak, ER24 se bestuurder: Korporatiewe kommunikasie, het paramedici met hul aankoms ‘n man aangetref wat ‘n paar meter van die voertuig af gelê het. Hy is dadelik ondersoek maar ongelukkig kon paramedici niks meer vir hom doen nie. Hy is op die toneel dood verklaar.

Vier ander mense wat insittendes van die voertuig was, is deur omstanders uit die motor gehelp voordat paramedici op die toneel aangekom het. Die drie mans en ‘n vrou is op die toneel behandel en na Mediclinic Vereeniging en die Vereeniging/Kopanong-hospitaal vervoer.

Die polisie en plaaslike verkeersowerhede was op die toneel om die oorsaak van die ongeluk te ondersoek.

Die BMW hang onderstebo aan ‘n palisade na die ongeluk in Vereeniging, Saterdag.

*************************************************************************************************************************

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button