News

Help asseblief! Doofstom seun gebroke na sy ‘maatjie-mannetjie’ verdwyn

As iemand dalk so 'n Spiderman "action figure" het om te skenk of te verkoop, kontak asb 071 351 5522

Michelle De La Port van Vanderbijlpark laat weet:

HELP Asseblief! Hier is ‘n doofstom seun (18) met Angelman-sindroom wat in ‘n Hospice in Vanderbijlpark bly. Hy het ‘n tyd terug ‘n Spiderman speelgoed-mannetjie by mense gekry. Dit was sy maatjie en hulle was onafskeidbaar, totdat die Spiderman so ‘n week gelede weggeraak het.

Die seun is nou so verlore. Hy wil met geen ander mannetjies speel nie. Hy soek sy ‘Spiderman’. Ons het nou uitgevind iemand het sy speelding gevat en gebreek. En dié was nou sy gunstelling mannetjie!

As enigiemand dalk so ‘n “action figure” het om te skenk of te verkoop, kontak my asseblief by 071 351 5522.

Enige ander speelgoed sal ook baie waardeer word. Hy is ‘n buite-mensie en hou homself besig in sy eie verbeeldingswêreld.

* Angelman-sindroom is ‘n genetiese afwyking. Dit veroorsaak vertraagde ontwikkeling, probleme met spraak en balans, intellektuele gestremdheid en soms ook epileptiese aanvalle. Mense met Angelman-sindroom glimlag en lag graag en het gelukkige, opgewekte persoonlikhede.

 

Op die foto hou die seun ‘n Ironman-mannetjie vas, maar hy sal graag eerder sy Spiderman wil terughê.

**************************************************************************************************

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button