Vadersdagwedstryd: Pa Nick Laubscher is nie meer hier, maar word met liefde onthou
Hierdie is een van die inskrywings vir Vaalweekblad en Ster se Vadersdagwedstryd. Die wenners word op 7 Julie 2021 aangekondig. Die pryse wat gewen kan word, is 'n naweek op die bosveldplaas, Africa Silks Farm; 'n Vlotvaart en ete van Stonehaven, 'n ete en karwas van Dros Vanderbijlpark, en 'n vleis-hamper van La Oma Slaghuis! Om in te skryf, stuur 'n foto en 'n paragraaf oor jou pa of man, sowel as jou naam teen 27 Junie 2021 na 076 454 9256

My pa (Nick Laubscher) is 12 jaar al oorlede,maar hy was voorwaar die beste pa ooit…my boetie is gestrem en moes n hele paar operasies kry toe hy klein was, geld was maar min en medies is mos maar gou uitgeput… my pa het bedags n kantoor werk by die spoorwee gehad, en snags in die shunt yard gewerk om vir ons die beste te gee… hy was streng maar het ons met die grootste liefde die feite van die lewe geleer. Hy het ons met sagtheid van Jesus geleer…. ons op sy skoot getel en vir ons veilig laat voel…. hy het ons elke aand met die lekkerste drukkies gegroet voor hy gaan werk het… hy het my ma met die grootste liefde en respek behandel, sy het geweet dat hy haar lief het en koester.. na my ma se dood het hy haar rol ook oorgevat en ons na die beste van sy vermoë grootgemaak… hy het altyd tyd gemaak om na ons te luister en probeer om raad te gee… hy het gesorg dat ons weet God is die heel belangrikste en dat ons God moet dien en lief hê… hy het altyd gesorg dat ons veilig en geliefd gevoel het… NICOLETTE

********************************************************************************************************
