
Strictly Come Coffee – Koffiewinkel in River Square Mall, Drie Riviere:
Die land mag in ‘n strenger “Lockdown”wees, maar by Strictly Come Coffee werk die flink span nog net so hard soos altyd om die lekkerste lekkernye vir hul kliënte voor te berei!
Al wat verander is dat jy nou telefonies moet bestel en dit by Ingang 5 van River Square moet kom afhaal. (Kyk uit vir die vier gemerkte parkeerplekke by Ingang 5).
Bestel smaaklike ligte etes, vargebakte koek, melkskommels, heerlike koffie of platters – klein of groot! Strictly Come Coffee is Maandae tot Saterdae oop van 8vm tot 5nm, en Sondae van 9vm tot 2nm.
Bestel sommer nou by 079 255 5418 en sê hoe laat jy jou eetgoed wil kom haal. Jy laat weet hulle as jy daar is en hulle kom lewer af by jou voertuig.
Strictly Come Coffee is steeds die plek waar vriende bymekaar kom as julle lekker wil smul – nou net in die parkeerterrein! Jy kan jou eetgoed huis toe neem of sommer net daar eet, danksy gerieflike skinkborde. Bly veillig almal, pas julself mooi op!

*****************************************************************************************************
