News

Drie swanger vroue vind veilige hawe danksy nuwe projek

Donateurs is welkom om die organisasie te kontak by: (016) 100 1072/083 496 9052 (WhatsApp ingesluit) asook lochvaallew@yahoo.com

VANDERBIJLPARK. – Die welsynsorganisasie Lochvaal Emfuleni & Hands of Hope bestuur tans ‘n projek om akkommodasie en versorging aan kwesbare, hulpbehoewende vroue en hul kinders te verskaf.

Die vroue kom uit situasies van huishoudelike geweld, mishandeling of teistering en het soms geen besittings nie, net die klere aan hul lyf wanneer hulle hier om hulp kom aanklop.

Hands of Hope het ‘n dringende behoefte aan benodigdhede vir die swanger vroue soos baba-kotte, stootwaentjies, babaklere, babakombersies, doeke, bababottels en Lactogen No1.

Produkte soos Wetwipes, aptekersparaffien, gliserien en badprodukte sal ook verwelkom word.Die organisasie se hoofdoelwit is om die getraumatiseerde vroue en kinders fisies en geestelik te versorg en te help ontwikkel in ‘n veilige en liefdevolle familie-opset.

Die organisasie kry geen geldelike steun van die regering nie en as ‘n nie-winsgewende organisasie versoek hulle dus die gemeenskap en sakesektor se bystand om armoede, honger en trauma in die Vaaldriehoek te help beveg.

Maandelikse bydraes is meer as welkom en alle skenkings is belastingaftrekbaar met ‘n Art.18(A) belastingfaktuur.

Die organisasie se bankbesonderhede is: Kinderfonds, ABSA Bank Vanderbijlpark, Tjekrekening 405 677 3506, Tak: 632 005, Verwysing: U WhatsApp / Kontaknommer.

Donateurs is welkom om die organisasie te kontak by: (016) 100 1072/083 496 9052 (WhatsApp ingesluit) asook lochvaallew@yahoo.com

******************************************************************************************

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button