News
Mev. Sally Bruwer van LochVaal Deurgangshuis oorlede
Sy was stigter en oudvoorsitter van LochVaal Emfuleni Welfare wat die Vaaldriehoek dekades lank gedien het.
Vaalweekblad het vanoggend met leedwese verneem dat mev. Sally Bruwer, stigter en voormalige voorsitter van LochVaal Emfuleni Welsyn, Deurgangshuis en Ontwikkelingsentrum, oor die naweek oorlede is. Sy was 78 jaar oud.
Ons innige simpatie aan haar gesin, die personeel, helpers en inwoners van die sentrum.
Vaalweekblad sal volgende week ‘n volledige berig doen oor mev. Bruwer, wat byna drie dekades lank diep spore in die Vaaldriehoek se welsynsake getrap het.

***************************************************************************************************
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
