Kanker eis bekende sakevrou van Vaaldriehoek
Louiza Botha, eienaar van Big Bull Butchery, het Vrydagaand, 2 Julie in die Milpark-Hospitaal in Johannesburg aan borskanker beswyk

Die Vaaldriehoek het pas nog een van sy bekende sakevroue verloor.
Louiza Botha, eienaar van Big Bull Butchery, het Vrydagaand, 2 Julie in die Milpark-Hospitaal in Johannesburg aan borskanker beswyk. Sy was 58 jaar oud.
Louiza het in Vanderbijlpark grootgeword en was ‘n oudleerling van die Hoërskool Driehoek. Sy word oorleef deur haar verloofde, mnr. William Townsend, dogter Magda van der Berg, skoonseun Johan van der Berg, en William se dogters, Caylin en Monique.
Hier is die skakel na die gedenkdiens, wat more gestroom gaan word. Alle belangstellendes is welkom om dit more (Donderdag 8 Julie) virtueel by te woon.
https://www.youtube.com/watch?v=WzZj0JpPVRk


**************************************************************************************************************
