Local newsNewsNews

Groen Skerpioene besoek Emfuleni na klag van VF Plus

Die VF Plus het Dinsdag die Groen Skerpioene van die Gautengse departement van omgewingsake vergesel tydens ‘n ondersoek na omgewingsbesoedeling, gesondheidsgevare, onwettige storting van gevaarlike afval en die vryelike vloei van onverwerkte riool na die Vaalrivier.

Mediaverklaring deur: Gerda Senekal (VF Plus-raadslid: Emfuleni-plaaslike munisipaliteit0 

Die VF Plus het in Mei ‘n klag ingedien by die Groen Skerpioene en het gevra vir ‘n ondersoek na die besoedeling van die Vaalrivier weens riool wat vanuit stukkende rioolaanlegte die rivier binnestroom.

Die Groen Skerpioene het onderneem om binne 30 dae sy bevindinge en aanbevelings bekend te maak.

Die party het ook op 28 Mei ‘n strafregtelike klag by die Vanderbijlpark-polisiekantoor ingedien teen die hoofadministrateur van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging), Gilberto Martins, weens die oortreding van die Nasionale Waterwet, die Nasionale Omgewingsbestuurswet en veral Artikel 24 van die Grondwet.

Rdl. Gerda Senekal van die FV Plus het in Mei ‘n strafregtelike klag ingedien teen die hoofadministrateur en ook die Groen Skerpioene versoek om die saak te ondersoek.

Die MRK het in Februarie vanjaar die Vaalrivierstelsel-besoedeling tot ‘n menseregteskending verklaar en hou die Emfuleni-munisipaliteit, die Gautengse departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) asook die departement van water en sanitasie verantwoordelik vir die totale ineenstorting van Emfuleni se watersuiweringstelsel.

Die situasie het sedertdien geensins verbeter nadat die nasionale departement van water en sanitasie ingevolge artikel 63 van die Wet op Waterdienste die bestuur van die waterdienste in Emfuleni oorgeneem het nie. Die munisipaliteit het ook nog geen aksieplan van die departement ontvang nie.

Die VF Plus is tevrede dat daar nou uiteindelik opgetree word om Emfuleni se administrateur en sy span verantwoordbaar te hou vir die wanbestuur van die munisipaliteit.

Daar is egter net een manier om Emfuleni van totale ondergang te red en dit is om van die onbevoegde ANC ontslae te raak.

Inwoners het met die komende plaaslike regeringsverkiesing die geleentheid om saam met die VF Plus op te staan, saam te staan en ‘n sterk boodskap aan die ANC te stuur dat belastingbetalers moeg is vir swak dienslewering en die totale verval van Emfuleni.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button