Local newsNews
Huisbrand betyds gekeer
In 'n noodsituasie is samewerking en spanwerk van uiterste belang. Dit is weer bewys toe daar 'n brand by 'n huis uitgebreek het.
VANDERBIJLPARK – ʼn Brand het gister by ʼn huis in Hertz-boulevard uitgebreek. Fire Quest was byna dadelik op die toneel en het begin om die vlamme te blus.
Die spanning het hoog geraak toe hul voorraad water begin min raak. Gelukkig het Emfuleni Fire & Rescue Services opgedaag en saam kon hul die brand blus en keer dat dit verder versprei.
Daar was geen beserings nie en Ryno Moolman het die span van Fire Quest en die brandweer geloof vir hul goeie samewerking.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
