Local newsNewsNews
Vaal se Gert weet hoe om buite die boks te dink!
As daar nou een besigheidsman in die Vaal is wat die beste van 'n slegte saak probeer maak en net eenvoudig nie ophou probeer nie, dan is dit Gert Janse van Rensburg (eienaar van The bar with no name).
Sedert die Vlak 4-inperking ingestel is, het Gert op verskeie wyses steeds gesorg daar daar werk vir sy werknemers is. Om besoekers te lok en steeds hul veiligheid te verseker, het Gert verlede naweek die eerse inry in die parkeerarea van The bar with no name in Vaalpark gehou.
Dit was ‘n groot sukses en daarom gaan daar weer so gemaak word die naweek. Die keer wys Grease en Vrydag en Saterdag se vertonings begin om 18:00. Die inry is gratis en daar sal kelners wees indien mense kos en koeldrank of heerlike melkskommels wil bestel.

Alle Covid-19 reëls sal gevolg word. Daar sal ook ‘n faktuur aan besoekers uitgereik word vir die padblokkade.
Dan het Gert ook gesorg dat daar tydelike kantore met gratis wifi teen net R1 per dag gehuur kan word. Innoverend om die minste te sê.
Maar een van die beste idees wat Gert tot dusver gehad het, en sekerlik baie mense na aan die hart lê, is die Memorial Covid19 gate@ The Bar With No Name. Inwoners wat ‘n geliefde aan die dood moes afstaan weens Covid-19, kan ‘n slot met hul geliefde se naam daarop aan die hek kom sit.
Dié is net drie van Gert se blink idees sover, ek vermoed ons sal binnekort weer oor Gert en nog gebeure by The bar with no name berig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
