News

‘Dis hel op aarde as jy iemand doodry’

Voertuigbestuurder verdien ook simpatie

Die Vaaldriehoek is onlangs geruk deur die dood van die 15-jarige Vanderbijlparkse skoolmeisie, Maria Bosch, wat gesterf het nadat sy deur ‘n voertuig getref is pas nadat sy van haar skoolbus afgeklim het.

Maria was besig om die pad oor te steek toe sy deur ‘n vroulike bestuurder van ‘n bakkie getref en sowat 60 meter ver geslinger is.

Na aanleiding van die tragedie sê Vaalweekblad-leser Hanré Stott dat die bestuurder van die voertuig wat haar getref het, waarskynlik erg getraumatiseer is.

Hanré sê sy weet waarvan sy praat want sy is al self deur so ‘n beproewing.

“Iemand het voor my ook ingeloop en sy is ook oorlede. Nou, 15 jaar later, is dit steeds vir my ‘n hartseersaak.

“Asseblief mense, dis hel op aarde om te weet jy het per ongeluk iemand anders se lewe beëindig. Hê asseblief empatie met die bestuurder van die voertuig. Dis erge trauma vir haar ook.”

Wyle Maria Bosch, die skoolmeisie wat gesterf het toe sy oor die pad gestap het en deur ‘n bakkie getref is.

****************************************************************************************************

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button