
Dis weer tyd vir Vaalweekblad en Ster se jaarlikse Baba- en Kleuterwedstryd! Inskrywings vir vanjaar se wedstryd het 1 Julie geopen en ouers kan hul kleingoed nog tot 30 September inskryf.
Die ouderdomsgroep wat ingeskryf kan word, is pasgebore babas tot kleuters van 6 jaar oud. Hoe gouer ‘n deelnemer ingeskryf word, hoe gouer sal sy of haar foto in Vaalweekblad verskyn.Twee maniere om in te skryf:
1). Deelnemers kan ingeskryf word deur ‘n foto van jou seuntjie of dogtertjie na nickychillipicnic@gmail.com te stuur, of WhatsApp dit na 083 744 7711. Die koste is R80. Onthou om jou kind se naam, van en ouderdom te verskaf. (Bankbesonderhede vir die inbetaling van die R80 sal dan aan ouers verskaf word).
2). Of ouers kan ‘n ateljeefoto deur Chilli PicNic laat neem teen R100. Jou kind word dan outomaties vir die wedstryd ingeskryf. Die ateljeefoto’s sal gedurende Augustus en September geneem word.
Elke deelnemertjie se foto gaan in die koerant verskyn. Verskeie pryse is vanjaar weer op die spel vir die algehele wenner sowel as vir elke kategoriewenner.
* Die borge van vanjaar se Vaalweekblad en Ster Baba- en Kleuterwedstryd is Chilli PicNic, IFM 102.2, Autocare Carwash & Valet, 3@1, River Square, Vaal Mall, Stonehaven-on-Vaal en Swimkidz.
* Meer inligting is beskikbaar by Nicky by 083 744 7711.
FOTO’S (Chilli PicNic): Hooffoto – Wenners van die afgelope Baba- en Kleuterwedstryd:
Algehele Wenner: Ashley Button met Mamma Nokwanda Button – hier saam met MooiVaal Media se hoofbestuurder, Thys Foord.
Afdelingswenners:
- Melienke en Cynthia Swart
- Morgan Lee en Clarissa von Benecke
- Khanyisile Nzabane and Keamogecoe Nzabane
- Minenhle Radebe with Granny Esther Radebe
- Luzaan Rademan saam pappa Louis Boshoff

Die wenners van Vaalweekblad en Ster se vorige Baba- en Kleuterwedstryd.
ONDER: Mr Persoonlikheid Logan Vrey en mamma Marie du Plessis

***********************************************************************************************************
