Covid eindig krieket-reus se kolfbeurt
MEYERTON. – Krieket is armer. Die krieketgemeenskap in die Vaaldriehoek is tot in sy fondasie geskud, nadat nuus gebreek het dat die 59-jarige Pierre Kok vanoggend sy stryd teen Covid-19 verloor het. Kok was 41 jaar by die Meyerton Krieketklub betrokke, en meer as twee dekades as voorsitter van die klub. Die Meyerton Krieketklub se …
MEYERTON. – Krieket is armer.
Die krieketgemeenskap in die Vaaldriehoek is tot in sy fondasie geskud, nadat nuus gebreek het dat die 59-jarige Pierre Kok vanoggend sy stryd teen Covid-19 verloor het.
Kok was 41 jaar by die Meyerton Krieketklub betrokke, en meer as twee dekades as voorsitter van die klub. Die Meyerton Krieketklub se velde is ook na hom vernoem.

Hy was ook die stigter van die Vaaldriehoek Golden Oldies-krieketdag wat jaarliks oud-spelers van regoor die land lok. Hy was ‘n krieketman in murg en been en het saam met sy gesin bloed gesweet om Meyerton as een van die suksesvolste klubs in die Vaaldriehoek te vestig.
Sy passie vir krieket en vir sy medemens was sonder weerga. Hy was ‘n ware dienaar van die spel. Hy het as speler, administrateur, ‘groundsman’, voorsitter en afrigter diep spore in Vaaldriehoek se krieket getrap.
Pierre laat sy vrou Jianni en sy seuns, JP en Alex agter. Pierre die Vaal salueer jou! Rus in vrede
