Local newsNewsNews
Pragfoto’s om dag nog mooier te maak
Vaalweekblad deel met trots nog 'n pragtige foto-versameling en verwelkom ook drie nuwe fotograwe wat hul buiging op die blad maak: Eleanor Ungerer van Vereeniging, Thelma Ziemons van Henley on Klip en Tertius Vermeulen van Drie Riviere, Vereeniging.
Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie.
As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059.
Die 55ste fotoblad verkyn in die week se uitgawe van Vaalweekblad (14 Julie). Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vorige week op die web verskyn het word gekies om in die koerant te verskyn.






























At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
