Local newsNewsNews

Betogers nou naby VUT, vermy dié omgewing

Vaalweekblad se joernaliste is by verskeie tonele in die Vaal waar moontlike onlustige kan uitbreek. Ettienne van Rensburg het pas rapporteer dat betogers amper 'n drankwinkel by die winkelsentrum naby die Laerskool Kollegepark geplunder het.

Die polisie is op die toneel en Ettienne beskyf dit as “groot armed response”. Die groot groep betogers het in die rigting van VUT (Vaal University of Technology) beweeg en die polisie het ook daarheen geskuif.

Ettienne waarsku mense om eerder die area te vermy.

Dit is tans stil en rustig in die dorp, by Vaal Mall en President Hyper.

Tans stil in die Vanderbijlpark-middedorp. Foto: Ettienne van Rensburg
Alles steeds stil en rustig by President Hyper.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button