Local newsNewsNews

AfriForum Vanderbijlpark koop voertuig om gemeenskap te dien

AfriForum se tak in Vanderbijlpark het onlangs ’n splinternuwe diensvoertuig aangekoop. Die tak pak gereeld verskeie take in die gemeenskap aan, van skoonmaakprojekte tot verlening van hulp met brandbestryding.

Daarom is dit noodsaaklik dat ’n betroubare en geskikte voertuig beskikbaar is vir die tak se amptelike bedrywighede.Lede van die takbestuur en die veiligheidspan het op 10 Julie die Mahindra-bakkie in ontvangs geneem.

Jan Labuschagne, voorsitter van AfriForum se Vanderbijlpark-tak, het AfriForum se lede bedank vir hul ondersteuning wat die aankoop van die bakkie moontlik gemaak het.

“Dit gaan dit vir ons moontlik maak om die tak se bedrywighede verder uit te brei en nog meer betrokke te raak in ons gemeenskap. Dit maak ons taklede se hande sterker. Ons versoek elke inwoner om betrokke te raak by ons projekte in die dorp. Ons kan lankal nie meer staatmaak op amptelike strukture nie.”

“Dit het nodig geword vir gemeenskappe om eienaarskap te neem van hul omgewing deur deel te neem aan skoonmaak- en veiligheidsprojekte. Die gemeenskap moet betrokke raak in gebiede waar die regering en munisipaliteite ons faal. Ons bedank elke vrywilliger wat hul tyd en energie belê om ’n verskil te maak,” sê Stephanus Blignault, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand.

Maak vandag nog ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap en sluit by jou plaaslike AfriForum-tak aan: SMS jou naam na 45342 (R1).

Jan Labuschagne, takvoorsitter, en Hendrik Small, veiligheidsleier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button