Vanderbijlpark Fotoklub se Junie-wenners
VANDERBIJLPARK. - Die Vanderbijlparkse Fotografiese Vereniging se Junie-klubbyeenkoms is onlangs gehou en puik inkskrywings het die beoordelaars lekker laat kopkrap.
Lede kon ook in twee redelik nuwe afdelings inskryf: mini-reekse (storie sonder musiek) en oudiovisuele-afdeling (storie mét gepaste musiek). In beide hierdie afdelings was senior-fotograaf, Renée Storme die wenner.
Die aanlynkompetisie waar enige foto ingestuur kan word, is deur klubvoorsitter, Koos Fourie, met Abandoned Garub Station gewen.

In die oop-afdeling waar enige foto vertoon mag word was Rensia Fourie die senior-afdeling wenner (4, 5 Ster en hoër graderings) met String Attached. In die junior-afdeling (1 tot 3 Ster) was Chris Bester se Kolle in die gras die wenfoto.


In die monochroom-afdeling was Elsje Vermeulen se This is a holy place die senior-wenfoto, en Chris Bester se Begin die junior-wenfoto.


Die maandonderwerp se tema was menslike emosie en foto’s het van pret tot hartseer gewissel. Johan Brits (Meester-platinum fotograaf) se Caught in her own thoughts was die senior-wenfoto en Chris Bester se Hooked die junior-wenner.


In die kreatiewe-afdeling was Elsje Vermeulen se It’s the end of the world as we know it die wenfoto. Al die wenfoto’s kan op die klub se amptelike webtuiste www.vdbp-photo.org besigtig word.

Die klub se jaareind-kompetisie vind in Julie plaas en verskeie pryse geborg deur S.T.O.N.E.S Planthire is op die spel.
Die Julie-klubaand sal virtueel aangebied word.
Vir meer inligting oor die klub kontak Johan Brits by 082 718 8394 of tsawa@yebo.co.za
* Besoek gerus die klub se webtuiste https://www.vdbp-photo.org en Facebook-blad by https://www.facebook.com/VdbpPhotoClub waar daar gereeld interessante wenke en foto’s opgelaai word.
