Mooi gebare uit nare omstandighede in Vaal
Tussen al die onluste en onaangename gebeure die afgelope week in ons land, is daar ook positiewe verwikkelinge wat daaruit gespruit het.
Ongeag van ras of geloof het mense in die Vaal ook saamgestaan en gesê: No to looting!
Dit het alle inwoners sommer opnuut hoop gegee vir ons land. Daar moet in besonder dank uitgespreek word teenoor die Taxi-industrie wat ‘n groot rol hierin gespeel het.
Ek vermoed alle motoriste sal in die toekoms so effens meer toegeeflik wees as ‘n taxi-bestuurder op ‘n snaakse plek stop om passasiers op of af te laai. Winkeleienaars was ook besonder dankbaar vir die taxi-industrie se bystand.
By Riversquare in Vereeniging het Strictly Come Coffee as deel van die sentrum se inisiatief om hulle te bedank, ‘n lekker warm koppie sop aan almal uitgedeel wat gehelp het om wag te staan teen “looters”.


