Local newsNewsNews

Sasolburg se Johann spog met reuse vangs

SASOLBURG. - Plaaslike inwoner Johann Hinrichsen het verlede week vir 'n paar dae by vriende in die Vrystaat op 'n plaas gaan kuier en die tyd gebruik om te hengel. Oor die tydperk het Johann 'n paar reuse karpe van tussen 14 en 16 kg uitgetrek.

Hy het die eerste paar dae ‘n voerplek gemaak want die visse was maar skaam, maar daarna het sy geluk gedraai en die karpe het begin hoek vat.  Hy het vier sulke prag-karpe van oor die 14kg in drie dae (meestal in die aand) gevang.

Hoewel Johann baie in sy skik was, was dit egter nie ‘n vreemde gesig vir hom nie. Hy is al jare ‘n spesie-hengelaar en trek gereeld dié grootte karpe uit.

Nog van die reuse karpe wat Johann Hinrichsen van Sasolburg uitgetrek het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button