Local newsNews

Emfuleni-inwoners moet nou dié bankrekening gebruik vir inbetalings

Die munisipaliteit versoek alle verbruikers om voortaan hul tariewe en dienste direk in ELM se nuwe FNB Primêre Bankrekening in te betaal.

Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit (ELM) se ou Standard Bank- en Absa-rekeninge is sedert Donderdag, 15 Julie 2021, gesluit.
Die munisipaliteit versoek alle verbruikers om voortaan die bedrae vir hul dienste of boetes direk in ELM se nuwe FNB Primêre Bankrekening in te betaal.

Inwoners wat hul munisipale rekeninge via aanlyn- en internetbankdienste betaal, word versoek om hul begunstigde-besonderhede soos volg op te dateer:

Vir betalings vir nutsdienste soos munisipale tariewe, vullis, water, riool en elektrisiteit:
Bank: First National Bank (FNB)
Rekeningnommer: 62865705746
Rekeningnaam: Emfuleni Local Municipality
Takkode: 210-554
Swift-kode: FIRNZAJJ
Kliënte word aangeraai om die 8-syfer-munisipale rekeningnommers (wat begin met 1 en 2) as verwysing te gebruik wanneer hulle betalings doen.

Vir die betaling van boetes:
Bank: First National Bank (FNB)
Rekeningnommer: 62865706538
Rekeningnaam: Emfuleni Local Municipality
Takkode: 210-554
Swift-kode: FIRNZAJJ

Betalers word versoek om die kennisgewingnommer wat op die boetes verskyn, as verwysing te gebruik.

Vir navrae, skakel ELM se kliëntediens by (016) 950 5109 of stuur ‘n e-pos na customercare@emfuleni.gov.za. https://bit.ly/ELMNotices2021

*************************************************************************************************************************

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button